Janno Koen
Testimonial
Ek het die voorreg gehad om al oor afgelope paar jaar saam met Rover Tours te reis — ver, wyd en na ’n ongelooflike verskeidenheid bestemmings. Van die Rugby Wêreldbeker tot die John Deere-fabriek in Duitsland, van Oktoberfest se feestelike gees tot ’n luukse 10-dag Europese cruise ship saam met ’n groep van byna 50 mense — Rover was daar, en elke keer het hulle die ervaring besonders gemaak. Ons het ook die VSA saam aangedurf: nóg ’n John Deere-fabriek, die indrukwekkende Farm Progress Show, baseball, ’n rodeo en alles wat daarmee saamgaan. En dan natuurlik een van my gunsteling avonture: ’n ware “rough and tough” 10-dag bos-oorlandtoer met 12 bakkies deur die natuur. Dis hier waar jy sien wie ’n toer régtig kan hanteer — en Rover het dit met kalmte, ervaring en vakmanskap gedoen. Wat my elke keer terugbring, is nie net die bestemmings nie, maar die mense. Rover hóór hul kliënte — regtig hoor — en lewer diens wat jou verwagtinge nie net bereik nie, maar oortref. Die span bly kalm, rustig en professioneel, maak seker alles verloop vlot, en hanteer uitdagings lank voordat jy selfs besef daar wás een. Met elke toer het ek nie net herinneringe bygekry nie, maar ook vriende. Die Rover-span het vir my familie geword — mense vir wie ek eerlik dankbaar is. As ek sê Rover is in ’n klas van hul eie, bedoel ek dit. Dankie vir elke ervaring, elke avontuur en elke herinnering.